Dr Ida Wilson: Konsultant - Gewasgesondheid

  • LinkedIn Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • https://www.facebook.com/idawilsonco

Ek is spesialis-kundige in gewasbeskerming, met spesifieke belangstelling in plantesiektebestuur. Ek het 'n passie vir landbouwetenskap en het 'n begeerte om 'n positiewe impak in die wêreld te maak. Ek het my BSc., BSc. Honneurs en MSc. (cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat, en my PhD. in plantpatologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Gedurende my studies en deur my loopbaan tot op hede, het ek die eer gehad om 14 akademiese toekennings te ontvang, onder andere akademiese erekleure van beide die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria en 'n Statebond-beurs om 'n deel van my PhD-navorsing in die Verenigde Koninkryk (VK) te onderneem.

 

Ek glo kennis vanuit navorsing moet as top prioriteit oorgedra word na belanghebbendes. Ek is die outeur van 54 industrie verslae en van meer as 50 ander geskrewe bydraes aan die landboubedryf. Daarbenewens het ek 70 seminare nasionaal en internasionaal gelewer, waarvan 50 op uitnodiging was. Ek gee ook gereeld onderhoude op radio, en het oor die afgelope drie jaar meer as nege ure se inhoud op plantsiektes en hul bestuur aan Landbou Radio gelewer. 

 

Ek glo daarin dat relevante en nuutste wetenskaplike inligting voordurent geïntegreer word in my aanbiedinge. Kennis oor die identifikasie van plantsiektes en hul bestuur kan ‘n groot bydrae lewer tot volhoubare gewasproduksie. Vir diegene wat in die landbou werk, is die uitdaging van 'n voedselveilige toekoms groot en dit is afhanklik van die toewyding en insette van kundiges in die landbou. My doel is om produsente, landbou-chemiese maatskappye en ander belanghebbendes te bemagtig om moontlike risikos weens plantsiektes te verminder en daardeur toekomstige volhoubare voedselproduksie te ondersteun.

Ida Wilson 

© 2019 Ida Wilson ida@agrimotion.net