Inskrywings vir 2019 nou oop | BASIESE BEGINSELS: Plantsiektes en die bestuur daarvan

Hierdie kursus is 'n inleiding tot plantsiektes en hul bestuur. Kom meer te wete oor wat plant siektes is, hoe dit veroorsaak word en hoe om dit te beheer. Die wye verskeidenheid faktore wat die voorkoms en beheer van plantsiektes beïnvloed sal ook bespreek word. As uitkoms van die kursus sal die deelnemer 'n beter begrip van plantsiektes hê en vertroue kry in hoe om dit te bestuur.

Inskrywings vir 2019 nou oop | GARSSIEKTES: Uitkenning en bestuur

Hierdie kursus is 'n inleiding tot die uitkenning en bestuur van garsiektes. Dit is ideaal vir garsprodusente en tegniese konsultante van landbouchemiese maatskappye. Kennis wat verkry word sal help met die akkurate identifisering van siektesimptome op garsplante en 'n begrip van die siektesiklusse. As uikoms van die kursus sal die deelnemer vertroue kry oor die identifisering en bestuur van garsiektes.

Inskrywings vir 2019 nou oop | KORINGSIEKTES: Uitkenning en bestuur

Hierdie kursus is 'n inleiding tot die uitkenning en bestuur van koringsiektes. Dit is ideaal vir koringprodusente en tegniese konsultante van landbouchemiese maatskappye. Kennis wat verkry word sal help met die akkurate identifisering van siektesimptome op koringplante, en 'n begrip van die siektesiklusse. As uitkoms van die kursus sal die deelnemer vertroue kry oor die identifisering en bestuur van koringsiektes.

1 / 1

Please reload

© 2019 Ida Wilson ida@agrimotion.net